Proviand Restaurant

In die hartjie van die Noord-Kaap, halfpad tussen Upington en Kimberley, lê die dorpie Griekwastad (destyds genoem Klaarwater)  op die N12 hoofroete tussen die binneland en Namibië.

Langs die roete is die drie pragtige geskiedkundige klipgeboue nl. Die Poskantoor, Landdroskantoor en die destydse Landdroswoning, wat gebou is in 1907 om as voltydse woning van die diensdoenende landdros te dien.

Hierdie Nasionale Gedenkwaardigheid is tans gerestoureer as werkskeppingsprojek om voortaan as oase, genoemd  PROVIAND , vir moeë reisigers te dien, wat die lang tog na Namibië, Kalahari Gemsbok Park (Kgalegadi Oorgrens Park) , Augrabiese Watervalle, Witsand en die Richtersveld, aanpak.

Nie net beskik Proviand oor 'n pragtige restaurant,  en privaat kroeg om reisigers op hulle lang tog te lawe nie, maar ook oor 'n tuisnywerheid om die pad met smullekker verversings aangenaam te maak – en vir diegene wat graag wil oornag, is Proviand gekoppel aan Griqua Guest House, waar die nagrus in die stil dorpie 'n spesiale belewenis is.

Binne 'n kort tydjie het Proviand se leuse “Lekker kos en kuier” sinoniem geword met die begeerte van ons bekwame talentvolle personeel se strewe om u besoek aan Griekwastad 'n baie spesiale ervaring te maak en ons prag gebou omring deur 'n vrolike tuin wat u uitnooi om met die lafenis van 'n yskoue wyntjie of drankie en lekker kos, moed te skep vir die res van ons mooi provinsie.